Bafana kan Afcon wen
Die Afrikabekertoernooi in die Ivoorkus bereik môre die voorlaaste ronde en Suid-Afrika berei voor om vir die eerste keer in 24 jaar vir ‘n plek in die eindstryd te speel wanneer hulle teen Nigerië te staan kom. Die gashere en DR Kongo speel in die ander wedstryd. Bafana Bafana het beïndruk met hulle veggees met die kaptein en doelwagter, Ronwen Williams, wat vier strafdoele gekeer het in hulle oorwinning met strafdoele oor die Kaap Verdiese Eilande in die kwarteindstryd. Afrigter Hugo Broos glo hulle kan die toernooi wen: