Baie op die spel vir die Protea-vroue vanmiddag

’n Plek in die eindstryd van die Vroue se T20-Wêreldbekertoernooi is vanmiddag op die spel wanneer Suid-Afrika in die tweede halfeindstryd op Nuweland in Kaapstad teen Engeland te staan kom. Die wenner sal die verdedigende kampioen, Australië, Sondag op dieselfde veld ontmoet in die eindstryd. Die Aussies is deur na hul sewende agtereenvolgende eindstryd, nadat hulle Indië gister met vyf lopies geklop het. Die veelsydige Protea-speler Nadine de Klerk sê hulle wil Suid-Afrika trots maak: