Ballon: As dit ‘n weerballon was hoekom was China doodstil?
Die Republikeine is volgens berigte kwaad omdat President Joe Biden so lank gevat het om die opdrag te gee om die Chinese ballon af te skiet. Die Pentagon het sy toetse voltooi en sê dit was ‘n spioenasie-ballon. Brigadier-generaal Mark Ryder het met die media gepraat en vra hoekom het China nie laat weet dat hulle weerballon op pad was na die Amerikaanse lugruim nie?