Bazoum het probeer ontsnap – Niger-junta

Niger se junta het sê hy het ‘n ontsnappingspoging deur die afgesette president Mohamed Bazoum gedwarsboom. Bazoum word sedert ‘n staatsgreep op 26 Julie deur die weermag gevange gehou ondanks internasionale oproepe vir sy vrylating. Die militêre leiers sê dat Bazoum en sy gesin, met die hulp van medepligtiges in die veiligheidsmagte, beplan het om ‘n voertuig na die buitewyke van die hoofstad Niamey te ry en ‘n helikopter na die naburige Nigerië te vlieg.