Bedrieërs teiken Natis-kliënte, sê Paaie-owerheid
Kort na die kwessie van beweerde korrupsie by Natis-sentrums in die Nasionale Vergadering ter sprake gekom het, is daar nou ‘n slenter blootgelê. Die Paaie-owerheid sê bedrieërs doen hulle voor as Natis-beamptes om mense wat by die sentrums gehelp word, te oortuig om geld aan hulle te stuur. Hileni Fillemon, die Paaie-owerheid se woordvoerder, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en brei uit.