Bedrog en aanlyn transaksies wek groot kommer
‘n Totaal van 1,4 persent van alle digitale of aanlyn transaksies deur Namibiërs in die eerste helfte van die jaar was vermoedelik pogings tot bedrog. Dit is volgens ‘n ontleding deur TransUnion, wat bevind het die hoogste vermeende digitale bedrogpogingskoers van 3,9 persent was in finansiële dienste, gevolg deur kleinhandel met 3,5 persent. Die derde hoogste koers van 1,4 persent was in aanlyn dobbelary. Die grootste jaar-tot-jaar styging in hierdie koers, ‘n reuse 513 persent, is in die reis- en ontspanningsektor aangeteken. Khadijah Mouton, bemarkingsbestuurder by Standard Bank, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die situasie wek groot kommer in die bankwese.