Begroting: Maatskaplike sektore kry meer
Die Namibiese ministerie van finansies het 38,4 miljard Namibiese dollar aan die maatskaplike sektore in die begroting toegeken, ‘n aansienlike toename vanaf 34,4 miljard in die vorige boekjaar. Die ministerie van geslagsgelykheid, armoede-uitwissing en maatskaplike welsyn het 6,5 miljard dollar gekry, ‘n verhoging van 5,5 miljard van die vorige jaar. Die Namibiese onderwysministerie se begrotingstoekenning is verhoog tot 16,8 miljard dollar, asook 51,2 miljard dollar oor die medium-termyn-begroting. Die finansminister Ipumbu Shiimi tydens sy begrotingsrede…