Belastingvrywaring vir sonpanele in SA, maar…
Met duisende Suid-Afrikaanse huishoudings wat reeds begin het om sonkrag-panele by hul huise te installeer om beurtkrag vry te spring, waarsku veiligheids-kenners dat die diefstal van dié panele, om op die swartmark herverkoop te word, ook sal begin toeneem. Die minister van finansies Enoch Godongwana het aangekondig dat verbruikers belasting-vrywarings sal geniet as hulle die panele vir private gebruik aankoop wat daartoe sal lei dat duisende meer verbruikers die panele sal begin aankoop en installeer, maar tog skep dit ook ‘n baie goeie geleentheid vir misdadigers om hieruit munt te slaan. Kosmos 94.1 Nuus se korrespondent in Kaapstad, Fritz Platt, het meer…