Bella Kruger dring deur na kwarteindronde op Wimbledon

Tennis: Die Suid-Afrikaner Bella Kruger het deurgedring na die kwarteindronde van die meisies-enkelspel op Wimbledon. Die 17-jarige dogter van die wyle Springbok Ruben Kruger het die 14-jarige Britse promotorskeuse Mingge Xu in skoon stelle geklop, nadat sy moes kwalifiseer vir die hooftrekking van die junior kompetisie. Die rugbyspeler was deel van die span wat in 1995 die Wêreldbeker gewen het. Hy is in 2010 in die ouderdom van 39 aan breinkanker dood. Sy oudste dogter, die 19-jarige Zoe, is ook ‘n beroepstennisspeler.