Beramings van witmielie-oeste moet ingedien word  

Die Namibiese Akkerbouraad vra vir voorleggings van verwagte oeste vir witmielies vir die 2023 bemarkingseisoen. Alle produsente van beheerde akkerbou-gewasse in Namibië word verplig om die Namibiese Landbouraad van die verwagte produksie-inligting voor die aanvang van die bemarking-seisoen te voorsien om hul produkte te bemark. Kosmos 94.1 Nuus het met Auguste Fabian, skakelbeampte van die Akkerbouraad gepraat wat boere maan om die sperdatum na te kom.