Beroep om polisie te help om taverne-moordenaars op te spoor
Die LUR vir gemeenskapsveiligheid in Gauteng, Faith Mazibuko, doen ‘n beroep op die gemeenskap om die polisie by te staan om die oortreders vas te trek wat betrokke was by die massaskietery in ‘n taverne in die Nomzamo informele nedersetting in Soweto, waarin 15 mense dood is. Mazibuko sê die provinsiale regering is bekommerd oor die toename in onwettige wapens. Mazibuko het die gemeenskap gevra om enige smokkelary van ongelisensieerde vuurwapens aan te meld. Sy vra dat die oortreders spoedig in hegtenis geneem moet word.