Besonderhede oor Zappa se noodlottige ongeluk nie bekend nie
Runaldo Hendricks, bekend vir sy rol as Zappa in die Afrikaanse reeks Getroud met Rugby, is Saterdag in ‘n motorongeluk oorlede. Hendricks, 27, se storielyn is onlang klaar geskiet en daar word berig dat hy sou terugkeer vanaf Pretoria na die Paarl om sy fiksheidsondermening weer op dreef te kry. Hy het ‘n vriend se bakkie bestuur en besonderhede oor die ongeluk is nog nie bekend nie. Media in die buurland berig dat Hendricks deur ‘n moeilike tyd is na sy egskeiding maar het die saak privaat gehou. Getroud met Rugby maak in September vanjaar klaar.