Betogings in Griekeland ná treinramp
Gewelddadige betogings het in Griekeland uitgebreek oor die treinramp waarin minstens 43 mense dood is. ‘n Passasierstrein met 350 mense aan boord het naby die stad Larissa reg van voor teen ‘n vragtrein gebots. Betogers het in Athene met die polisie slaags geraak buite die hoofkwartier van die maatskappy wat verantwoordelik is vir die instandhouding van Griekeland se spoorweë. Protes-optrede het ook plaasgevind in Thessaloniki en Larissa. Die regering het beloof dat ‘n onafhanklike ondersoek sal plaasvind om geregtigheid te verseker.