Beurtkrag bring angs en depressie

Sielkundiges waarsku beurtkrag het ‘n emosionele uitwerking op Suid-Afrikaners. Die voortdurende kragonderbrekings sal beslis veroorsaak dat baie mense angs en depressie ervaar. ‘n Geestesgesondheidskenner, Lana Blok, sê een van die groot bydraende faktore tot die verhoogde angs is ‘n verlies aan beheer, wat depressievlakke beïnvloed. Blok sê die uitwerking van verhoogde angs en depressie kan noodlottig wees, veral wanneer dit vererger word deur ander persoonlike uitdagings en kwessies.