Beurtkrag weer verhoog

Eskom het die beurtkragvlak tot vyf-uur môreoggend verhoog na fase 4 om die damvlakke by die pompbergings-kragstasies aan te vul ter voorbereiding vir die week. Die kragverskaffer beklemtoon dat die stelsel deurentyd gemonitor word, met aanpassings en kommunikasie oor beurtkragfases soos nodig. Die verhoging volg op ‘n reeks vinnige veranderings in beurtkragfases verlede week, wat gewissel het van fase 6 tot 2, en nou op fase 4 staan.