Biden se besoek toon VSA se pogings vir Afrika-invloed
Die besoek deur die Amerikaanse Presidentsvrou, dr. Jill Biden toon volgens kenners die VSA se pogings om nouer bande met Afrika te bou, veral in die lig van die Chinese en Russiese invloed op die vasteland. Biden kom vandag 12-uur by die Hosea Kutako Internasionale Lughawe aan. Sy sal Namibië tot Vrydag besoek. Sy sal saam met die Namibiese Presidentsvrou Monica Geingos ‘n kransleggingseremonie by die Helde-akker bywoon en ook Staatshuis besoek. Biden en Geingos sal ook ‘n jeugbemagtigings-geleentheid hou. Sy vertrek Vrydag na Kenia. Professor Jannie Rossouw van Wits se Sakeskool het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.