Biden sê hy het Oekraïnse leier voor Russiese aanval gewaarsku
Die Amerikaanse President, Joe Biden, sê die Oekraïnse leier, Volodomyr Zelensky het hom nie gesteur aan waarskuwings oor ʼn dreigende inval deur Rusland nie. Amerikaanse intelligensieverslae het vroeër vanjaar getoon Rusland was gereed om sy buurland in te val. Biden het op ʼn fondsinsamelingsgeleentheid in Los Angeles gesê Zelensky het nie ag geslaan op herhaalde waarskuwings oor Russiese planne voor die konflik op 24 Februarie begin het nie. Biden sê baie mense het gedink hy oordryf toe hy gesê het die Russiese President, Vladimir Putin, gaan die grens oorsteek.