Blik op Romeinse era na studie op dreineringstelsel

‘n Jaarlange studie van die dreineringstelsel onder Italië se ikoniese Colosseum het tot opgrawings van beenfragmente van bere en groot katte gelei. Argeoloë meen die diere is dalk gebruik om te veg of as prooi in jagspeletjies in die antieke Romeinse arena. Die sade van vye, druiwe en spanspek, en spore van olywe en neute is ook gevind. Die studie het geverg dat ongeveer 70 meter van dreine en rioolpype onder die 2 000-jaar oue klip-amfiteater skoongemaak word.