Blitsbokke onder druk in Frankryk
Die Springbok-sewes het albei hulle groepwedstryde verloor op die eerste dag van die Rugby-sewestoernooi in Parys. Hulle het met 10-5 teen Ierland verloor en daarna met 17-5 teen Nieu-Seeland die knie gebuig. Die Blitsbokke kan steeds die kwarteindronde haal as twee van die beste geplaaste spanne in die derde plek. Hulle moet egter vandag Japan klop en hoop die ander uitslae tel in hulle guns. Afrigter Philip Snyman sê hulle moet beter speel: