Bolsonaro is boos vir Leo oor Amasone-aanmerkings

Die Brasiliaanse President Jair Bolsonaro is boos vir die Hollywood-akteur Leonardo DiCaprio nadat hy jongmense aangemoedig het om later vanjaar in die land se verkiesings te stem. Dit is nie die eerste keer wat die twee haaks is met mekaar nie. DiCaprio is ‘n uitgesproke klimaataktivis en maak gereeld melding van die behoefte om die Amasone te beskerm. Ontwouding het onder Bolsonaro se regering die hoogte ingeskiet. Verlede jaar is 22 persent verlore en tussen Januarie en Maart vanjaar het dit 64 persent bereik teenoor dieselfde tydperk verlede jaar. DiCaprio, met 19,6 miljoen volgelinge op sy Twitter-blad, het jongmense aangemoedig om te registreer en te stem om die Amasone te beskerm. Brasilië se verkiesing vind in Oktober plaas.