Boomkerk hou diens vir Desert Dash 

Meer as 900 fietsryers van 17 verskillende lande sal aan die beroemde Nedbank Desert Dash deelneem. Die ikoniese bergfietswedren vind op 9 en 10 Desember deur die Khomas Hochland en die Namib tot by Swakopmund plaas. Die NG Kerk Eros-gemeente bied Sondag om elf-uur ‘n dankdiens aan by die Boomkerk by Droombos vir alle Desert Dash-deelnemers en ondersteuningsspanne. Leraar dr. Fourie van den Berg gesels met Kosmos 94.1 Nuus.