Brandbeskuldigde Mafe: Wat maak Dali Mpofu daar?

Reaksie word ontvang op die verskyning van Zandile Mafe vanoggend in die Kaapstad-landdroshof vir sy borgaansoek. Hy word daarvan beskuldig dat hy die parlementsbrand gestig het en word van terreur ook aangekla. Mafe, ‘n skisofreen wat in armoede in Khayelitsha woon, word deur oudpresident Jacob Zuma se prokureur, die senior regslui Dali Mpofu, verteenwoordig. Die Suid-Afrikaanse politieke ontleder professor Andre Duvenhage is van mening dat die feit dat Mpofu by hierdie saak betrokke is, vir hom sê dat daar politieke mag agter die skerms werk.