Brandstofprys moes op, geen ander opsie nie

Die brandstofprys sal op 2 Februarie styg met 30 sent ‘n liter vir petrol en 40 sent vir diesel. Die ministerie van myne en energie het onderverhalings van 62 sent per liter petrol en 90 sent per liter diesel aangekondig en die verskil sal deur die energiefonds geabsorbeer word. Andreas Simon, woordvoerder van die ministerie, sê daar was geen opsie as om die prys te verhoog nie.