Brandweer is op die toneel van veldbrand aan buitewyke van Windhoek

Die veldbrandseisoen is nou in volle swang in Namibië met verskeie veldbrande wat al op plase aangemeld is. ‘n Veldbrand is aan die buitewyke van Windhoek aan die oostelike deel van die hoofstad aangemeld. Tangeni Uusiku, hoof van brandveiligheid en -voorkoming van Stad Windhoek se brandweer, sê aan Kosmos 94.1 Nuus hul span is tans op die toneel.