Brit ontvang aangepaste varkhart

Die eerste oorplanting van ‘n vark se hart in ‘n menslike liggaam ter wêreld is in die Verenigde State uitgevoer. Die ontvanger, die 57-jarige David Bennett, het sy nuwe kans op lewe tydens ‘n eksperimentele operasie in Baltimore ontvang. Dokters aan die Maryland Mediese Sentrum het die oorplanting van die geneties aangepaste orgaan as hul laaste hoop beskou. Internasionale nuusagentskappe berig Bennett se langtermyn-kans op oorlewing is tans onduidelik, maar die oorplanting was die laaste uitweg. Die hospitaal het spesiale vrystelling ontvang om die prosedure te doen omdat Bennett sonder die operasie sou gesterf het.