Britse LP bedank na pornografie skandaal

‘n Konserwatiewe lid van die wetgewer in Brittanje, Neil Parish, het bedank nadat hy erken het hy het twee keer in die Laerhuis na pornografie gekyk. Parish het aan Britse media erken hy het na pornografie gekyk in wat hy beskryf as ‘n oomblik van waansin. Hy sê die eerste keer was per ongeluk. Die 65-jarige Parish is uit sy party geskors. ‘n Woordvoerder van die Konserwatiewes sê die party bedank Parish vir sy diens die afgelope 12 jaar.