Britse premier en EU bespreek handelskwessies met Noord-Ierland
Die Britse eerste minister, Rishi Sunak het samesprekings gevoer met die President van die Europese Kommissie, Ursula von der Leyen, en sal na verwagting die samespreking oor die volgende dae voortsit. Hulle probeer ‘n oplossing vind vir handelskwessies met Noord-Ierland. Die geskille het ontstaan ná Brittanje se onttrekking aan die Europese Unie. Sunak beraadslaag ook met die sakesektor in die verband. Noord-Ierland is onderhewig aan die EU-reëls, en Brittanje wil wyses vind om ‘n sogenaamde harde grens met Noord-Ierland te voorkom.