Britse seun, 12, samel N$1,6m vir kinders in Oekraïne in
‘n Twaalfjarige seun van Engeland het meer as 1,6-miljoen Namibiese dollar vir die kinders van Oekraïne ingesamel deur lootjies te verkoop vir ‘n houtbakkie wat hy self gemaak het. Die geld wat Gabriel Clark ingewin het met sy Bakkie vir Oekraïne sal geskenk word aan die Save the Children Ukraine-veldtog. Gabriel is vol lof vir die vrygewige skenkings en sê die gebruik van sy houtbakkie is sy manier om sy steun te toon vir kinders in die oorlog-geteisterde land. Die wenner van die bakkie word Sondag aangekondig.