Calle is rooi onder die kraag oor Ghana-gerugte
Die Namibiese landbouminister Calle Schlettwein is rooi onder die kraag na ‘n artikel in plaaslike media dat kommersiële boere, en dit, wit kommersiële boere blykbaar owerhede in Ghana gekontak het en gewaarsku het oor die veiligheid van Namibiese beesvleis uit die noordelike kommunale gebied omdat dit dalk met bek- en klouseer besmet kan wees. Owerhede het onlangs die uitvoerooreenkoms onderteken in ‘n poging om kommunale boere te ondersteun met ‘n geldige uitvoermark. Schlettwein sê alles sal gedoen word om agter die kap van die byl te kom.