Calle sê konvensie oor oorgrenswater is belangrik

Die PDM-parlementslid Diederik Vries het vandag in die Nasionale Vergadering vrae gevra oor die 1992 Konvensie oor die Beskerming en Gebruik van Oorgrenswater. Hy vra hoe die lewensbestaan van die Namibiese mense wat langs riviere en mere woon deur hierdie ooreenkoms geraak word? Hy het ‘n beroep op die landbouministerie gedoen om beter kommunikasiestrategieë te implementeer wat die geraakte gemeenskappe sal inlig oor hierdie konvensie en ander wat nog voorlê. Landbouminister Calle Schlettwein, het só op sy vrae gereageer.