Capricorn Eagles boaan puntelys in driejoekige toernooi
Namibië se nasionale vrouekrieketspan, die Capricorn Eagles, ding in ‘n driehoekige reeks teen die Verenigde Arabiese Emirate en Zimbabwe mee. Die toernooi by die Wanderers-krieketveld in Windhoek eindig môre. Met twee wedstryde oor, het die Eagles reeds twee oorwinnings behaal en is tans boaan die puntelys. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die woordvoerder van Krieket Namibië, Natalia Naujoma, wat meer inligting gee.