Capricorn-groep behaal goeie finansiële resultate

Capricorn Group Limited, ‘n trots Namibiese finansiëledienstegroep wat op die Namibiese Aandelebeurs genoteer is, met gediversifiseerde bedrywighede en sakebelange in Namibië en Botswana, het vandag sy tussentydse finansiële resultate vir die ses maande geëindig 31 Desember 2022 bekend gemaak. Die Capricorn-groep het stewige resultate behaal met wins na belasting vir die ses maande, wat met 20,3 persent toegeneem het vergeleke met die vorige tydperk. Johan Maass, die groep se hoof finansiële beampte, gee meer besonderhede aan Kosmos 94.1 Nuus.