Cecil Koorts Jr maak reg vir ROK-beker Superfinaal in Italië
Namibië se Cecil Koorts Junior van Team Cema is tans in Lonato, Italië, waar hy gereedmaak om aan die knortjor ROK-beker Superfinaal 2024 deel te neem. Meer as 400 jaers van regoor die wêreld sal van Dinsdag tot Saterdag by die South Garda Karting-baan in Lonato sake uitspook. Koorts Junior neem van Vrydag af deel aan oefenrondtes en sy pa, Cecil Koorts, gee meer inligting.