Cele, Masomela en Lebeya word ondersoek oor klaringsertifikate
Die Suid-Afrikaanse minister van polisie, Bheki Cele, die nasionale polisiekommissaris Fannie Masemola, en die hoof van die Valke, Godfrey Lebeya, word volgens berigte ondersoek nadat hulle na bewering onwettig en onregmatig twee hoogs geheime sekerheidsklaringsertifikate uitgereik het. Uit die buurland word berig die inspekteur-generaal van Intelligensie het ‘n ondersoek na die drie gelas nadat die kantoor in Desember ‘n klagte ontvang het. Cele het na bewering op aanbeveling van Lebeya onregmatig ‘n hoogs geheime sekerheidsklaring aan ‘n amptenaar van die Valke uitgereik. In die tweede voorval het Masemola na bewering onwettig en onregmatig ‘n hoogs geheime sekerheidsklaring aan die hoof van Misdaadintelligensie, Dumisani Khumalo, uitgereik.