Cenored: Styging van kragpryse onvermydelik

Drie lede van die Landless People’s Movement op Otjiwarongo het vandag ‘n beroep op Cenored gedoen om deur middel van ‘n opname die impak van sy jaarlikse elektrisiteits-verhogings op verbruikers te evalueer voordat enige besluite in die toekoms afgedwing word. Die LPM-lede wat ‘n vergadering met Cenored gehou het, doen ‘n beroep op die maatskappy om met verbruikers te konsulteer wanneer elektrisiteitspryse verhoog word, aangesien kliënte altyd geskok is om te sien dat hul krag-eenhede afneem sonder dat ‘n verduideliking aan hulle gegee is. Kosmos 94.1 Nuus het met die woordvoerder van Cenored, Charlie Matengu gepraat…