China beloof subsidies om ekonomie te steun

Die Chinese regering beloof ‘n “aansienlike toename’ in die uitreik van regeringskuld om subsidies te bied aan lae-inkomste inwoners, die eiendomsmark te steun en die kapitaal van staatsbanke aan te vul terwyl druk uitgeoefen word om die sukkelende ekonomie te laat herleef. Ekonomiese data die afgleope paar maande was minder as die beramings, wat kommer laat ontstaan het dat die regering se groei-teiken van 5-persent die jaar in gevaar is. September se data, wat volgende week bekendgemaak word, kan verdere swakheid toon, maar amptenare is vol vertroue die 2024-teikens behaal sal word.