China kyk na minder as 60% krag vanaf steenkool
China se kragmaatskappye is op koers om die aandeel van steenkool tot jaarlikse kragopwekking tot minder as 60-persent vir die eerste keer die jaar te verminder. Die land wat die wêreld se tweede grootste ekonomie is, is verantwoordelik vir sowat 40-persent van alle kragopwekkingsvrystellings van fossielbrandstowwe. Volgens Ember het steenkoolkragsentrales in die eerste tien maande van die jaar 58,7-persent van die totaal van 8 234 terawatt ure se kragopwekking in China gelewer.