Chinese konstruksie skep nie werk nie

Reaksie word ontvang op die toekenning van drie NamWater pyplyn-projekte aan Chinese maatskappye. Die konstruksie van die Ogongo-Oshakati pyplynvervanging en bykomende werke ter waarde van amper 237 miljoen Namibiese dollar is almal aan Chinese konstruksiefirmas toegeken. Die PDM se skadu-finansminister, Nico Smit, sê dit is onaanvaarbaar omdat daar genoeg plaaslike maatskappye en, die Chinese skep nie werk nie.