Chirurg hardloop om lewer betyds oor te plant

ʼn Chirurg van Philadelphia in Amerika moes vinnig dink toe ʼn marathon die aflewering van ʼn lewensbelangrike orgaan verhinder het. Die oorplantings-pasiënt, Charles Rowe, het reeds op die operasietafel gewag toe die dokter, Adam Bodzin, besef die lewer sal nie betyds daar wees nie, omdat duisende atlete die strate versper. Die chirurg het 1,6 kilometer ver gehardloop tot by die afleweraar, wat gesukkel het om sy weg te vind deur die magdom eenrigtingstrate. Alles het goed afgeloop en Rowe het sy nuwe lewer betyds ontvang.