Chirurg verskyn weer vandag na gru-ongeluk
Die 59-jarige Brasiliaanse burger wat teregstaan op drie aanklagte van strafbare manslag, roekelose of nalatige bestuur en onbedagsame bestuur na ‘n motorongeluk wat die lewens van nege mense in die Otjozondjupa-streek op 20 Junie geëis het, sal weer vandag in die Otavi-laerhof verskyn. Hy is op 27 Junie borg vrygelaat. Die borgtog van Luis Charles, ‘n bekende chirurg in Brasilië, is op 150 000 Namibiese dollar vasgestel. Daar is uiters streng voorwaardes aangeheg, onder andere dat hy in Namibië bly hangende die afhandeling van die verhoor en dat hy sy paspoort aan die ondersoekbeampte oorhandig.