Covid-toetsfasiliteit op Hosea Kutako-lughawe

Die Namibiese Lughawensmaatskappy het ‘n nuwe Covid-toetsfasiliteit by die Hosea Kutako Internasionale Lughawe in werking gestel. Volgens die woordvoerder, Dan Kamati, is die fasiliteit in lyn met internasionale standaarde wat toelaat dat Covid-toetse by alle toegangspunte van lande gedoen kan word. Die maatskappy het ‘n ooreenkoms met Profile Technology en Trinity Health onderteken en die fasiliteit is reeds oop. Kamati sê die ooreenkoms is ingevolge die verkrygings wetgewing gedoen en die fasiliteit is deur die gesondheidsministerie geregistreer.