Curriebeker-seisoen begin volgende maand
Rugby: SA Rugby se algemene raad het bevestig volgende jaar se Curriebeker
Premierafdeling skop die 14de van volgende maand af. Sewe spanne sal meeding. Die
topspan in die Eerste Divisie sal aan die einde van die seisoen outomaties met die
laaste span in die Premierafdeling geruil word. Saru sê die ongewone afskopdatum is
weens die herbelyning van die binnelandse kalender om by die noordelike halfrond-
seisoen te pas, ná vier Suid-Afrikaanse spanne toegetree het tot die Verenigde
Rugbykampioenskap