DA: ANC weier om brandstofheffings te verlaag
Die DA sê die ANC-regering is besig om die lewenskoste-krisis te ignoreer en versuim om burgers teen die vernietigende brandstofprys-stygings te beskerm deur sy weiering om brandstof-heffings te verlaag. Dion George van die DA sê sedert 2008 het die brandstofheffing onder die ANC-regering met ‘n verstommende 225 persent gestyg, terwyl die basiese brandstofprys met 119 persent opgeskiet het en die heffing vir die Padongelukkefonds met ‘n enorme 425 persent.