DA: Beurtkrag, misdaad skaad beleggersvertroue
Die DA in Gauteng sê beurtkrag en stygende misdaadvlakke in die provinsie skaad beleggersvertroue. Die party sê hoewel die provinsiale regering nie regstreeks daarvoor verantwoordelik is om permanente werksgeleenthede te skep nie, het hulle tog ʼn verantwoordelikheid om te verseker daar bestaan ʼn sake-vriendelike omgewing vir die privaat sektor en internasionale beleggers om in die ekonomie te belê. ʼn Woordvoerder van die DA, Dorianne Arendse, sê harde werk lê voor om werksgeleenthede te verbeter.