DA moedig kiesers aan om in 2024-verkiesing te stem
Die DA moedig stemgeregtigde Suid-Afrikaanse kiesers aan om aktief aan die algemene verkiesing in 2024 deel te neem. Die leier van die DA, John Steenhuisen, het op ʼn openbare vergadering in Jabulani, Soweto, gewys op die belangrikheid van die droompakt nasionale konvensie, waarheen verskeie opposisiepartye genooi is, in ʼn poging om momentum op te bou en die ANC uit die kussings te lig. Steenhuisen beklemtoon vir mense om wesenlike verandering in die land te ervaar, moet hulle ʼn stem vir verandering uitbring.