DA sal Vrystaatse premier aanspreeklik hou vir beloftes
Die DA in die Vrystaat sê hy sal voortgaan om die nuwe premier, Mxolisi Dukwana, en sy uitvoerende komitee aanspreeklik te hou vir die beloftes wat hy tydens sy provinsiale rede aan inwoners gemaak het. Die DA-lid, Roy Jankielsohn, sê Dukwani het versuim om te noem watter stappe sy regering sal doen om die uitwerking van beurtkrag op inwoners, plaaslike ekonomieë en dienslewering te versag.