DA soek hersiening van Phala Phala-skandaal
Die DA beplan om ‘n hersiening aan te vra by die direkteur van Openbare Vervolging, in Limpopo, Ivy Thenga, na die besluit om niemand in die Phala Phala-skandaal te vervolg nie. Die DA se woordvoerder oor Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling, Glynnis Breytenbach, sê die party kritiseer die Direktoraat vir Prioriteitsmisdaadondersoeke se ondersoek en meen daar is ‘n gebrek aan deursigtigheid. Sy sê die DA sal aan die hoof van die Nasionale Vervolgingsgesag, Shamila Batohi, skryf en aandring op ‘n hersiening en ‘n verduideliking voor die Parlement se Justisiekomitee.