DA tevrede met vordering van DNS-toetse 

Die DA in Gauteng sê groot vordering word gemaak om die bestaande agterstand met die ontleding van DNS-monsters uit die weg te ruim. Volgens die polisie se forensiese laboratorium in Pretoria is die agterstand vir Gauteng verminder tot 5 600. ʼn Woordvoerder van die DA, Crezane Bosch, sê ʼn daadwerklike poging word ook aangewend om sake af te handel wat met geslagsgeweld verband hou.