DA: Tshwane-burgemeester ‘n ANC-EFF-marionet
Die DA is gekant teen die verkiesing van die nuwe burgemeester van Tshwane, Murunwa Makwarela. Die party het na Makwarela verwys as ‘n ANC-EFF-marionet. Die DA-lid, Cilliers Brink, sê die verkiesing hou ‘n wesenlike bedreiging in vir dienslewering en die finansiële volhoubaarheid in die hoofstad. Hy sê die party sal voortgaan met sy pogings om die veelpartykoalisie se meerderheid in Pretoria te herstel.