DA versoek skrap van Covid-regulasies vir sport- en kultuurgeleenthede

Die DA in die Wes-Kaap versoek die regering om alle Covid-maatreёls vir sport- en kultuurgeleenthede te skrap, aangesien Suid-Afrika en die provinsie aan die einde van die vyfde golf van die pandemie is. Gillion Bosman van die DA sê dis totaal onredelik dat vergaderplekke vir sport en kultuur steeds slegs 50 persent vol mag wees terwyl ander sektore van die land reeds terugkeer na die vlakke van voor Covid-19.